Rit na roetine-sonar eindig in tragiese ongeluk

Rit na roetine-sonar eindig in tragiese ongeluk

Rit na roetine-sonar eindig in tragiese ongeluk Foto: Facebook

PRETORIA. – ‘n Swanger vrou, ‘n dogtertjie (2) en haar pa was op pad na die ma se doktersafspraak vir haar roetine-sonar toe hulle in ‘n gru-botsing betrokke was.

WAARSKUWING: Foto’s in die berig mag sensitiewe lesers ontstel.

Sedert die ongeluk Saterdag om 07:00 word foto’s van die gesin en die ongelukstoneel wyd op sosiale media gedeel.

Charmain Wilson Robbertse, die ouma, het aan Rekord gesê haar seun, Lampies Robbertse (35), is in ‘n kritieke toestand in die hopsitaal. Sy vertel verder die familie was op pad om ‘n roetine-sonar te laat doen toe ‘n motor ‘n ander een glo verbysteek en die gesin tref.

Lampies het ‘n gebreekte bekken en femur. Hy het ook inwendige beserings, insluitend skeurwonde aan sy lewer. Rekord berig, Luzanda (2) het beserings aan haar een been en ore opgedoen, met paar ander stukkende plekke.

“Dit is ‘n wonderwerk van Bo af dat Riekie nie eers ‘n krap op haar gehad het na die gru-botsing nie en dat haar ongebore kind ook veilig is,” vertel die ouma aan Rekord.

Foto: Facebook
Foto: Facebook
Foto: Facebook

LEES OOK: Shaleen Surtie-Richards (66) oorlede

LEES OOK: Rudi wat eens nege borde buffalo wings eet, verloor 228 kg

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *