Seuntjie met ‘popcorn-longe’ na 3 j. in hospitaal ontslaan

“Die hele tyd wat hy in die hospitaal was, was baie stresvol vir ons.”

Seuntjie met ‘popcorn-longe’ na 3 jaar in hospitaal ontslaan

Seuntjie met ‘popcorn-longe’ na 3 jaar in hospitaal ontslaan

KAAPSTAD. – Travonne Rhoda is uiteindelik, na drie jaar in die hospitaal, nadat hy in 2017 met bronchiolitis obliterans (‘popcorn-longe’) gediagnoseer is, ontslaan.

Die sesjarige seuntjie is na sy diagnose ’n paar keer ontslaan en dan weer opgeneem tot hy in 2018 opgeneem is en byna drie jaar in die hospitaal moes deurbring.

Simoné Rhoda, sy ma, sê dit was vir hulle as gesin ’n baie moeilike drie jaar en dit was veral vir Travonne moeilik omdat hy nie by sy familie kon wees nie.

Sy sê hy was ses keer op lewensondersteunende masjiene en hulle het elke keer gedink hulle gaan hom verloor.

“Die hele tyd wat hy in die hospitaal was, was baie stresvol vir ons, maar ons moes moed hou en mense se gebede het ons baie gehelp,” sê sy.

Sy vertel verder dat dit ’n groot aanpassing gaan wees om hom weer by die huis te hê, omdat soveel dinge moet verander.

Dokters sal Travonne se vordering by die huis monitor en hy is met die nodige suurstof huis toe gestuur. – IOL

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *