Elizabeth Smart ontvoer, aangehou en verkrag vir nege maande

Dit is die eerste keer dat hy haar verkrag het.

Elizabeth Smart ontvoer, aangehou en verkrag vir nege maande

Elizabeth Smart ontvoer, aangehou en verkrag vir nege maande Foto: DailyMail

Elizabeth Smart was maar 14 jaar oud toe sy in die middel van die nag uit haar ouerhuis ontvoer is. Sy is vir nege maande deur haar ontvoerder en sy vrou aangehou en herhaaldelik verkrag voordat sy in die openbaar deur twee paartjies herken en uiteindelik deur die polisie gered is.

LEES OOK: Vrou vind ’tile tracker’ in handsak

Word wakker van ’n man in haar kamer

Elizabeth Smart (33), wat nou ’n advokaat vir vermiste persone en slagoffers van seksuele aanranding is, is op 5 Junie 2002 deur Brian David Mitchell uit haar bed in haar ouerhuis in Salt Lake City, Utah, ontvoer.

Elizabeth Smart het op verskillende sosialemediaplatforms, sowel as by openbare praatjies, vertel sy het die aand omstreeks 02:00 skielik wakker geword. Daar was iemand in haar kamer.

“Hy het gesê: ‘Ek het ’n mes teen jou nek. Moenie ’n geluid maak nie. Staan op en kom saam met my.’ Ek het die mes teen my nek gevoel. Ek het nie geweet of die man alreeds deur my huis was en een van my familielede doodgemaak het nie. My jonger sussie was saam met my in die bed en ek was te bang om te dink wat hy met haar sou doen as ek nie saam met hom gaan nie. Ek het onmiddellik opgestaan en presies gemaak soos hy gesê het.”

Neem haar in die bos in

Brian David het Smart na ’n plek in die bos geneem wat ongeveer 29 km van haar huis af was. Hy het haar in die nag soontoe laat stap.

“Hy het my aan my arm vasgehou en die mes heeltyd teen my keel gehou terwyl ons gestap het. Dit het gevoel asof ons vir ewig stap. Na ’n lang tyd het ons by ’n bos ingegaan en ek het gesien hy het ’n tent opgeslaan. Daar was ook seile op die grond en seile in die bome.

“Daar het ’n vrou wat heeltemal in wit geklee was, uit die tent uit gekom en my ’n drukkie gegee. Die drukkie was meer soos ’n waarskuwing. Ek het net geweet dit beteken ek moet doen wat sy sê.”

Die vreemde vrou (Wanda Barzee) het Smart by die tent ingeneem en haar beveel om al haar klere uit te trek. Nadat Elizabeth alles uitgetrek het, het die vrou haar daar alleen gelaat.

Elizabeth Smart se ontvoerders, Brian David Mitchell en Wanda Barzee.

Sy vrou

“Die man het by die tent ingekom. Hy het sy klere uitgetrek en toe ’n kleed aangehad. Hy het langs my gekniel en gesê: ‘Ek verseël jou hiermee aan my as my vrou.’ Ek onthou ek het kliphard ‘nee’ geskree. Hy het my stilgemaak en gesê as ek ooit weer so skree, sal hy my doodmaak.”

“Hy het voortgegaan om te sê dat in God se oë ons nou getroud is en dit is tyd om ons huwelik te verseël.”

Dit is die eerste keer dat hy Smart verkrag het.

Neem haar uit in die openbaar

Tydens haar gevangenskap het Smart haar gevangenemers in die openbaar by verskillende geleenthede vergesel, geklee in wit klere. Sy was grotendeels onherkenbaar deur diegene met wie sy in aanraking gekom het.

Om te verhoed dat sy ontsnap, is sy met ’n metaalkabel aan ’n boom geboei, wat beweeglikheid beperk het. Dit is later tydens die hofgetuienis onthul dat Mitchell haar herhaaldelik verkrag het, soms meermale per dag, haar gedwing het om na pornografiese tydskrifte te kyk en gereeld gedreig het om haar dood te maak. Hy het haar dikwels gedwing om alkohol te drink en dwelms te neem om haar weerstand te verlaag, en albei (Mitchell en Barzee) het haar uitgehonger en haar vullis gevoer.

Opgespoor

In Oktober 2002 besef Smart se jongste suster, Mary Katherine, skielik dat die ontvoerder se stem dié is van ’n werklose man wat die familie as Immanuel ken.

Polisie het Immanuel se gesig geskets en die sketse aan die media bekend gemaak. Die skets is deur Mitchell se familie herken en hulle het foto’s van Mitchell aan die polisie verskaf, wat toe weer aan die media gegee is.

Op 12 Maart 2003 is Mitchell saam met ‘n vrou en ’n meisie in Sandy, Utah, opgemerk deur twee afsonderlike paartjies wat foto’s van Mitchell op die nuus gesien het. Die polisie in onmiddelik na die toneel ontbied en Elizabeth Smart is gered terwyl Mitchell en Barzee in hegtenis geneem is.

Tronkstraf

Barzee is in 2010 tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis vir haar rol in die ontvoering, alhoewel sy op 19 September 2018 vroeër vrygelaat is. Omvangryke geskille oor Mitchell se bevoegdheid om verhoor te word, het enkele jare geduur voordat hy in 2010 as geestelik bekwaam beskou is, hoewel hy deur forensiese sielkundiges as met antisosiale en narsistiese persoonlikheidsversteurings gediagnoseer is. Mitchell is in 2011 tot lewenslange tronkstraf gevonnis sonder die moontlikheid van parool.

LEES OOK: Ek het my tiener vang rook – wat nou?

Kyk hier na Elizabeth Smart se getuienis:

https://www.facebook.com/1557825057865287/posts/2796273014020479/?app=fbl&refid=12&notif_t=page_message

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *