Shaleen Surtie-Richards (66) se familie het in ‘n verklaring gesê sy het nie selfdood gepleeg soos wat beweer word nie.
Surtie-Richards is vanoggend dood in ‘n gastehuis gevind. In die verklaring se die familie sy het aan diabetes en hartprobleme gely.
“Haar dood hou moontlik hiermee verband, maar die gesin wag op die uitslae van die nadoodse ondersoek. Verskillende gerugte word versprei oor die oorsaak van haar dood, daarom wil ek beklemtoon dat Surtie-Richards nie selfdood gepleeg het nie,” lui die verklaring deur die familie.
LEES OOK: Shaleen Surtie-Richards (66) oorlede



