Vrou vind ’tile tracker’ in handsak

Ellis het vinnig gedink, die “teëltjie” uitmekaargehaal en die battery verwyder.

Vrou vind 'tile tracker’ in handsak

Vrou vind 'tile tracker’ in handsak

’n Vrou wat een aand ’n rustige ete by ’n eetplek vir ’n vriendin se verjaarsdag geniet het, was geskok om na die tyd ’n tile tracker in haar handsak te vind.

Dit was glo die tipe wat jy gebruik om jou sleutels se ligging aan te dui en dit so op te spoor. Sy is vas oortuig daarvan dat die opsporingstoestelletjie met opset in haar handsak gegooi is om haar ligging te bepaal. Sy probeer nou ander vroue waarsku om oplettend te wees.

LEES OOK: Yolandi Botes het glo besoek aan dogters oor WhatsApp gekanselleer

Snaakse voorwerp in handsak

Sheridan Ellis het aan The Mirror gesê sy dra nie gewoonlik ’n handsak nie, maar hierdie spesifieke aand het sy ’n handsak saamgeneem om versierings van haar vriendin se verjaarsdag saam terug huis toe te neem.

“Ek het na die ete by die huis gekom en toe ek die versierings uitpak, op die ‘teëltjie’ afgekom. Dit was definitief nie myne nie en was ook nie aan iemand se sleutels vas nie. Dit was die tipe waarmee jy bluetooth gebruik om jou sleutels of ligging op te spoor.”

Vinnig gedink

Ellis het vinnig gedink, die teëltjie uitmekaargehaal en die battery verwyder.

“Ek het die battery verwyder in die hoop dat dit vinnig sou stop om my ligging op te spoor.”

“Ek het geen idee waar dit vandaan kom nie. Ek weet net dat dit wel ’n manier kan wees vir iemand om jou ligging te bepaal en jou dan huis toe te volg.”

Ellis is gelukkig dat sy niks oorgekom het nie, maar het vroue gewaarsku om eers hulle handsakke deur te gaan voordat hulle huis te gaan.”

LEES OOK: Ek het my tiener vang rook – wat nou?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *