Ek het my tiener vang rook – wat nou?

Dit gaan nie beteken hulle gaan ophou rook nie.

Ek het my tiener vang rook – wat nou?

Ek het my tiener vang rook – wat nou? Foto: Get Healthy

In vandag se tyd met tienerswangerskappe, dwelms en soveel ander dinge wat die norm is, kan dit vir sommige ouers voel asof dit nie die ergste is om hulle tieners te vang rook nie.

Ander ouers voel weer erg geskok en teleurgesteld.

Ongelukkig is om op jou tiener te skree of hom of haar te dreig, nie die antwoord nie. Dit gaan nie beteken dat hy of sy gaan ophou rook nie.

LEES OOK: Ryswater vir langer, gesonder hare

Hoe om met jou tiener oor rook te praat en moontlik te help om die gewoonte in die pad te steek

  • Voer ’n gesprek met jou tiener oor die gevolge van rook.
  • Vra jou tiener hoekom sy/hy rook. Dit kan as gevolg van groepsdruk wees of dalk net omdat jou tiener jou aandag wil hê.
  • Probeer dit moeilik of moeiliker maak vir jou tiener om toegang tot sigarette te kry.
  • Probeer aan jou tiener vertel dat rook jou fisiese voorkoms kan verander (Kan plooie veroorsaak, jou laat ouer lyk, geel tande, ens.)
  • Moenie rook in jou huis toelaat nie.
  • Stel voor jou tiener bring minder tyd saam met vriende wat rook.
  • Moedig jou tiener aan om meer tyd aan skool en sport te bestee.
  • Probeer die kommunikasie tussen jou en jou tiener oophou sodat sy/hy vir jou kan kom sê wanneer sy/hy in die versoeking gelei word om te rook.
  • Bied aan om vir jou tiener professionele hulp te kry.

LEES OOK: Yolandi Botes het glo besoek aan dogters oor WhatsApp gekanselleer

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *