Motorfietsryer verloor glo beheer, ry van brug af

Die presiese omstandighede wat gelei het tot die voorval is nog nie bekend nie.

Motorfietsbestuurder verloor glo beheer, ry van brug af

Motorfietsbestuurder verloor glo beheer, ry van brug af Foto: ER24

PRETORIA. – ‘n Motorfietsryerr is dood nadat hy na bewering op die N4 beheer oor sy motorfiets verloor het en van ‘n brug op Pretoriaweg in Silverton gery het.

Toe ER24-paramedici gistermiddag om 14:30 op die toneel aankom, het hulle die motorfietsryer in die pad onder die brug gevind. Daar is bevind die man het noodlottige beserings opgedoen. Hy is op die toneel deur paramedici dood verklaar.

Die presiese omstandighede wat gelei het tot die voorval is nog nie bekend nie, maar die polisie was op die toneel vir verder ondersoeke.

LEES OOK: Kyk! Vrou moeilik omdat sy nie Chicken Licken in McDonald’s mag eet nie

LEES OOK: Rudi wat eens nege borde buffalo wings eet, verloor 228 kg

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *