Rudi wat eens nege borde buffalo wings eet, verloor 228 kg

Deel hierdie storie / Share this story

POTCHEFSTROOM. – Rudi Workel (42) het in ‘n stadium nege borde buffalo wings geëet, ‘n 10XL-hemp gedra en het maklik sy KFC-aandete met ‘n 2l Coke afgesluk.

Rudi vertel aan Rapport hy en sy destydse meisie, Jessica, het in Augustus 2017 besluit om saam gewig vir hulle troue op 23 Februarie 2019 te verloor. Rudi het op sy grootste die skaal op 320 kg getref.

Na ‘n streng eetplan wat bestaan het uit ‘n 28 dag siklus en sterk wilskrag, het hy op die dag van sy troue slegs 92 kg geweeg. Intussen het Rudi besluit om die gimnasium aan te durf. Hy weeg nou 138 kg as gevolg van spiermassa. Hy sê aan Rapport hy sal bly wees as hy nog 12 kg kan afskud.

Rudi wil velle laat verwyder

Volgens Rudi het dit alles begin toe hy destyds ophou rugby speel het as gevolg van ‘n besering. “Ek is ‘n foodie, ek hou van kos. As ek vir werk gery het, het ek altyd take-aways gekoop,” vertel hy verder aan Rapport.

Omdat Rudi oorgewig was, het hy vele gesondheidsprobleme gehad. Hy het aan hoë bloeddruk gelei en het ook antibiotika as gevolg van inflammasie in sy bindweefsel gedrink.

Rudi se lewe het vanaf sy besluit om gewig te verloor handomkeer verander. Hy tel nou die aantal kilojoules wat hy elke dag inneem en gaan stap gereeld. Hy wil in die toekoms nog ‘n operasie ondergaan om van die oortollige velle ontslae te raak.

BRON: Rapport

LEES OOK: Paartjie se paaie skei na kêrel se Staffie kind (2) in gesig byt

LEES OOK: Reef (12) kry sy engelvlerke na kankerstryd

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.