Mej. Veltieland, Hoërskool Duineveld se skoonheidskompetisie, vind vanaand plaas! Met Willem Botha as gaskunstenaar en Mari-Leen Bauermeister wat al die rokke vir die aand ontwerp het, beloof dit om ‘n aand van groot opwinding en glans te wees.
Lees meer oor mej. Veltieland hier.
Zanélle Brink, een van die 10 finaliste, sien baie uit na vanaand.
As trotse inwoner van Upington wou sy haarself uitdaag om aan die kompetisie deel te neem, omdat dit ‘n unieke ervaring is. “Elkeen van ons moes nuwe uitdagings aanpak. Ek het gehoop om deur hierdie proses my karakter te bou en myself lekker uit te daag.”
As deelnemer aan die kompetisie het Zanélle nie net op haar eie belange gefokus nie. “Ons projek was ook ‘n talentaand waar kinders die geleentheid gehad het om hul passie uit te leef terwyl die res van die skool hulle ondersteun het.” Hierdie gemeenskapsgerigte benadering is ‘n ware teken van haar leierskap.
Vir Zanélle is selfvertroue nie net ‘n modewoord nie, dit is ‘n lewensles. “Selfvertroue is om gemaklik te wees in jou eie vel en eerder te fokus op jou sterk punte. Ek was nog altyd my eie self en my ma het my mooi geleer dat om net jouself te wees altyd goed genoeg is.”
Een van die hoogtepunte waarvoor Zanélle opgewonde is, is die geleentheid om aan die Mej. Veltieland-gala aand deel te neem saam met haar medefinaliste. “Ons het deurentyd saam geoefen en voorberei vir hierdie voorreg.”
Volg Zanélle op Instagram hier.
Ontmoet die ander finaliste hier:
Mej. Veltieland: ontmoet Lizelle Human
Mej. Veltieland: ontmoet Karlien Rossouw
Mej. Veltieland: ontmoet Marie Alberts
Mej. Veltieland: Ontmoet Dané Naudé
Mej. Veltieland: Ontmoet Mari Human
Mej. Veltieland: Ontmoet Romé Swart
Mej. Veltieland: Ontmoet Mia Louw



