Lee-Ann Kok is een van die 10 finaliste van die Mej. Veltieland-kompetisie by Hoërskool Duineveld. Sy is op ‘n missie om ‘n verskil te maak!
Lees meer oor mej. Veltieland hier.
Lee-Ann is gebore in die pragtige omgewing van Upington. Hier, waar die Kalahari se stilte en die Oranjerivier se majesteit jou daagliks omring, het Lee-Ann ‘n liefde vir die plaaslewe en die mense wat hier woon, gekry.
Om aan Mej. Veltieland deel te neem, is deel van haar reis om vir ander te wys as jy jou hart op iets sit, hard daarvoor werk en God dit vir jou beplan het, kan niks dit van jou af wegvat nie.
Die Mej. Veltieland-kompetisie het ‘n diep impak op Lee-Ann gemaak en het haar gehelp om ‘n nuwe perspektief oor haarself en haar medemens te ontwikkel. “Mej. Veltieland het my baie van myself geleer. Ek het gesien dat ek tot soveel meer in staat is as wat ek dink. Ek het ook besef dat jy elke liewe dag ‘n invloed op mense se lewens het, dis jy wat moet besluit of dit ‘n positiewe of negatiewe invloed gaan wees.”
Met Mej. Veltieland agter haar naam, kan sy ‘n groter verskil maak en meer mense raak. Sy het ‘n duidelike visie vir die toekoms, veral in die onderwysstelsel: “In die skool wil ek ‘n verskil maak onder die leerders. Elke leerder gaan deur iets in hulle lewe, maar baie min het iemand wat hulle werklik ondersteun. Hoërskool Duineveld asook Hoërskool Upington moet ‘n plek wees waar leerders voel hulle is meer as goed genoeg.”
Haar woorde is ‘n weergawe van liefde en medemenslikheid. Sy glo dit is ‘n gemeenskap se plig om mekaar emosioneel en finansieel te ondersteun. Lee-Ann het ‘n spesiale liefde vir diere en het tydens die kompetisie die liefdadigheidswerk van “Furever” opgemerk. Sy is vasbeslote om ‘n positiewe verskil in die lewens van diere te maak.
Lee-Ann Kok het ‘n boodskap vir al die tieners, veral diegene in die platteland: “Die uitdaging om te besef dat as jy hard werk en die Here vertrou, kan jy uit jou omstandighede styg en ‘n sukses van jouself maak.” Sy moedig die jeug aan om selfvertroue te hê: “Selfvertroue beteken vir my om jouself geheel en al te aanvaar, in jouself te glo en om te weet dat jy God se meesterstuk is.”
Met groot ambisies om regte te studeer aan die Universiteit van Stellenbosch en ‘n drang om ‘n advokaat te word, sien ons dat Lee-Ann Kok ‘n helder ster aan die horison van die Noord-Kaap is. Sy wil ‘n verskil maak in die lewens van mense en ‘n erfenis van liefde, ondersteuning en selfvertroue agterlaat.
In die woorde van Brioni Governor, sê Lee-Ann: “An empowered woman empowers other women.” Sy is vasbeslote om ‘n bron van inspirasie vir ander te wees en om mense te herinner aan hul eie unieke waarde.
Al die Mej. Veltieland-rokke word deur Mari-Leen Bauermeister, bekende mode-ontwerper, gemaak. Al die rokke sal ook te koop wees ná die geleentheid.
Baie sterkte, Lee-Ann!
Volg haar hier op Instagram en hier op Facebook.
Ontmoet die finaliste:
Mej. Veltieland: ontmoet Lizelle Human
Mej. Veltieland: ontmoet Karlien Rossouw
Mej. Veltieland: ontmoet Marie Alberts
Mej. Veltieland: Ontmoet Dané Naudé
Mej. Veltieland: Ontmoet Mari Human



