UPINGTON, NOORD-KAAP. – Vier weermagsoldate is dood en nog beseer toe twee Samil 50’s, waarvan een deur die ander een gesleep was, Woensdag ongeveer 90 km onderweg na Upington gerol het.
Brig.genl. Andries Mahapa sê die twee Samil’s was onderweg na oefening Vukuhlome wat by Lohatla moes plaasvind.
Na bewering het die een Samil ‘n ander een wat onklaar was, gesleep. Die agterste Samil se voorste regterband het glo gebars wat veroorsaak het dat beide die voertuie gerol het.
Vier weermaglede is met impak uit een van die Samils geskiet en die Samil het bo-op hulle geval. Hulle is op die toneel dood verklaar.
Twee weermaglede wat tydens die ongeluk ernstig beseer is, is per helikopter na Dr. Harry Surtie-hospitaal op Upington geneem.
Nog nege lede wat geringe beserings opgedoen het is ook na dieselfde hospitaal geneem.
Die families van die oorledeneds word deur militêre kapelane en maatskaplike werkers ondersteun.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



