*PERSVERKLARING
Die Demokratiese Alliansie (DA) in die Noord-Kaap sal toesien dat die ANC sy belofte nakom om teen beweerde bedrog en finansiële wangedrag van ‘n lid van hul uitvoerende raad op te tree. Dié lid het oënskynlik twee salarisse van die staat getrek. Die ANC het in ‘n verklaring hierdie beweerde misbruik van die staatskoffers deur een van hul eie lede verwerp.
Michael Kaars, MPL, sê hy het saam met Reinette Liebenberg in haar hoedanigheid as die DA se provinsiale woordvoerder oor landbousaak reeds die besware oor die dubbele betalings aan die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) op 1 September 2023 gerapporteer. “Ons vertrou dat enige ander strafregtelike ondersoeke wat op klagtes van gemeenskapslede volg, saam met hierdie ondersoek sal ontvou.”
Terwyl die Noord-Kaapse werkloosheidsyfer “teen 43% trek en armoede deur die provinsie spoel”, het die DA dokumentasie aan die SOE oorhandig wat daarop sinspeel dat ‘n lid van die uitvoerende raad deur die ZF Mcgawu distriksmunisipaliteit sowel as die Noord-Kaapse departement van Landbou, Omgewingsake, Landelike Ontwikkeling & Grondhervorming betaal is.
“Dit is duidelik dat daar ‘n saak teen die distriksmunisipaliteit én die departement is. Beide entiteite sukkel om hul mandate na te kom. Nie een kan hul diensleweringsbeloftes nakom nie. Dit is dus onaanvaarbaar dat openbare fondse so gemors word deur dieselfde persoon twee keer te betaal.”
*PERSVERKLARING
Lees ook: Sol Plaatje Ward 1 residents must vote for the greater good of Kimberley



