
'n Minderjarige seun is ernstig aangerand. Verdagtes in die saak is in aanhouding.

'n Prokureur van Oos-Londen is vanoggend deur twee verdagtes buite sy kantoor geskiet.

Francois van der Merwe van die Bittereinders se borgtogaansoek is weer uitgestel en hy is steeds in aanhouding.

Twee van die vyf beskuldigdes van 'n R500 m. "dwelmhandelsaak" het borg in die hof ontvang.

'n Man wat saam met sy jagtersvriende op 'n luukse wildsplaas gaan kamp en jag het, het verdwyn. Die polisie het drie verdagtes in hegtenis geneem.

Jan Bloukaas deel in 'n video oor sy gesigverlamming - of dit kanker is wat sy gesigsenuwee beïnvloed of moontlik Bell-verlamming.

'n Jong seun word gesoek nadat hy volgens maats deur 'n krokodil gegryp is waar hulle in 'n rivier geswem het.

'n Gr. 8-leerder is dood nadat hy voor skool buite die perseel gesteek is, terwyl nog 'n leerder in die hospitaal is.

Ses van die oorledenes van die busongeluk van Hoërskool Riebeeckstad is bekendgemaak. Die minister van vervoer sal vandag die ongelukstoneel besoek.

'n Werker van 'n hoewe in Kameeldrift is Woensdagoggend kritiek tydens 'n huisroof beseer toe daar op hom geskiet is.

Die Wonderboompoort-polisie ondersoek 'n saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer nadat 'n man in die hospitaal opgeneem en geopereer is.

Vyf verdagtes wat vir die beweerde besit van ongelisensieerde gewere en ammunisie in hegtenis geneem is se borgaansoek sal Vrydag aangehoor word.

Twee leerders van Hoërskool Pietersburg het die naweek afsonderlik gesterf.

Die polisie by Beitbrug-grenspos het Dinsdag drie vermoedelik gesteelde voertuie onderskep en vier verdagtes in hegtenis geneem.

'n Gevangene wat 'n mede-gevangene in 2021 verkrag het is tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

'n Raadslid is gister in 'n beweerde lokval doodgeskiet, waarna twee kinders in skoliervervoer ook doodgeskiet en twee gewond is.

Beseerde leerders van Hoërskool Riebeeckstad is deur die LUR van onderwys in die Vrystaat in die hospitale waar hulle opgeneem is, besoek.

'n Sakevrou is in haar winkel in Centurion doodgeskiet.

'n Mosselbaaise man is op 44 aanklagte vir die beweerde besit van kinderpornografie en foto's van seksuele misbruik van kinders aangekla.

'n Saak van strafbare manslag word deur die polisie ondersoek nadat sewe leerders van Hoërskool Riebeeckstad in 'n busongeluk oorlede is.

Tonele van hartseer het by Hoërskool Riebeeckstad afgespeel toe die LUR van onderwys die skool vanoggend besoek het en leerlinge van hul maats se afsterwe verneem het.