Lees ook: Drie Suid-Afrikaanse vlootduikers in Kaapstad oorlede
KOMMETJIE, KAAPSTAD. – Die Suid-Afrikaanse nasionale weermag het die name van die duikers bekend gemaak wat Woensdag oorlede is na ’n duikboot in Kommetjie deur die see meegesleur is.
Een van die oorledenes is lt. Gillian Hector, die eerste vrou in Afrika om ‘n duikboot te navigeer. Die ander twee oorledenes is AO William Masela Mathipa en AO Mmokwapa Lucas Mojela. Hulle was aan boord die SAS Manthatisi.
Voorlopige verslae dui daarop dat die twee mans uitgespoel is die see in toe ‘n massiewe brander die duikboot tydens ‘n hervullingoperasie getref het.
Hector se liggaam is in die duikboot gekry. Een van die mense wat gered is uit die duikboot is in ‘n kritieke toestand na ‘n hospitaal geneem . Die ander oorlewendes was nie ernstig beseer nie.
Bronne: News24, EWN, eNCA
Lees ook: Drie Suid-Afrikaanse vlootduikers in Kaapstad oorlede



