Mej. Veltieland: Ontmoet Dané Naudé

Deel hierdie storie / Share this story

Dané Naudé, ‘n dinamiese en talentvolle jong dame van Hoërskool Duineveld, het vanjaar ‘n plek in die top 10 finaliste van die Mej. Veltieland kompetisie verower. Hierdie kompetisie is ‘n viering van skoonheid, selfvertroue, en die uniekheid van jong vroue in ons land.

Lees meer oor mej. Veltieland hier: Mej. Veltieland 2023: Vier elegansie

Dané deel haar ervaring van deelname aan hierdie gedenkwaardige kompetisie en hoe dit ‘n impak op haar lewe gehad het.

“Ek het geweet ek sal spyt wees as ek nie inskryf nie,” sê Dané oor haar aanvanklike besluit om aan die kompetisie deel te neem.

Dit was ‘n besluit wat meer vir haar beteken het as net ‘n deelname aan ‘n skoonheidskompetisie. Sy het die geleentheid aangegryp om uit haar dop te kruip en haarself te ontdek.

“Met die projek wou ek weer uit my boksie klim en myself van vooraf vind, nie net dit nie, maar ek het ook gehoop en gebid dat ek nuwe vriende sou maak wat vir my ‘n nuwe kant van myself kon wys. Ek is gelukkig om te sê dat uit die ander finaliste het ek nuwe vriende gemaak wat ek nou as van my beste sal ag en ou vriendskappe weer herontdek.”

Dané het ook ‘n sterk geloof in die belangrikheid van selfvertroue ontwikkel en sy deel ‘n inspirerende boodskap met ander leerders: “Ek sal graag my mede leerders wil leer hoe belangrik dit is dat jy nie die helfte van jouself vir die Here kan gee om sy seëninge, geluk en vrede te ervaar nie, maar jy moet jou alles aan hom gee en dit is wanneer die lewe regtig lekker raak.”

Sy definieer selfvertroue as die geloof wat jy in jouself het dat jy presies is wie jy moes wees en dat jy die geloof in jouself gebruik om nie negatief beïnvloed te word deur ander se opinies nie en ten alle tye die mooi in jouself te sien.

Dané se deelname aan die Mej. Veltieland kompetisie het nie net ‘n impak op haar persoonlike groei gehad nie, maar dit het ook ‘n geleentheid gebied om iets terug te gee aan die gemeenskap. Sy het aangedui dat sy ‘n ander kant van haarself wou wys en dit het sy beslis gedoen.

Wat betref die sosiale media-uitdagings wat tieners in die moderne wêreld ervaar, het Dané ‘n wyse perspektief: “Sosiale media veroorsaak dat soveel mense nie meer die wêreld en die werklik mooi om hulle sien nie, wat reg voor hulle is, gaan alles verlore.”

Sy sê dat dit belangrik is om jouself te ken en om ‘n veilige hawe te hê waar jy kan terugkeer wanneer jy sukkel. Haar pad na selfontdekking is ‘n inspirasie vir almal om selfvertroue, selfliefde en die ware skoonheid in hulself te ontdek.

Volg Dané op Instagram hier.

Baie sterkte, Dané!

Ontmoet die finaliste:

Mej. Veltieland: ontmoet Lizelle Human

Mej. Veltieland: ontmoet Karlien Rossouw

Mej. Veltieland: ontmoet Marie Alberts

Mej. Veltieland: Ontmoet Dané Naudé

Mej. Veltieland: Ontmoet Mari Human

Mej. Veltieland: Ontmoet Romé Swart