Kyk: Vrou val 15m na benede by waterval op Tafelberg

Deel hierdie storie / Share this story

KAAPSTAD. – ‘n Vrou (64) is die nuutste slagoffer wat op Woensdag 13 September 2023 van ‘n smal paadjie tussen Platteklip-kloof en India Venster-staproete, 15m ver na benede by ‘n waterval geval het.

Die video geneem deur Hendre Zoudendyk wys hoe sy gered word.

David Nel van die WSAR sê sy het oor die paadjie geloop toe sy gegly en geval het.

Familielede het dadelik hulp ontbied waarna ‘n span reddings- en mediese beamptes teen die berg op is na waar die vrou geval het. Sy is geassesseer en op ‘n draagbaar geplaas.

‘n AMS-reddingshelikopter het haar met ‘n tousisteem vanuit ‘n smal sloot gelig en daarna in die helikopter opgehys. Daar is met die vrou na ‘n landingsone gevlieg, waarna sy per ambulans na ‘n hospitaal geneem is.

Nel sê die plek waar sy geval het, het ‘n reputasie. Twee stappers is al ernstig en vyf kritiek beseer nadat hulle op dieselfde plek geval het.

“Sadly, we’ve had to recover three fatalities in the same place.

“We appeal to all outdoor enthusiasts to exercise extreme caution when crossing this section of the contour path.”

Bron: WSAR

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel