Waarskuwing: Nie vir sensitiewe lesers nie
HARARE, ZIMBABWE. – Thandolwenkosi Ndlovu (20) alias Sauro, ‘n beweerde reeksmoordenaar wat aan sy slagoffers gesmul het, is vasgetrek.
Zimbabwe-polisie sê die verdagte het glo van 28 Augustus tot 4 September 2023 vyf persone in die sentrale sakekern doodgemaak, waarna hy hul ingewande gekook, gebraai en geeët het.
Paul Nyathi, die nasionale polisiewoordvoerder, het die inhegtenisneming en ondersoek volgens die Zimbabwiese koerant, The Herald, bevestig.
Die verdagte het na bewering slagoffers wat op straat geslaap het geteiken, doodgemaak en hulle ingewande en ander liggaamsdele met gebreekte bottels verwyder, en dit daarna geëet..
Hy is ook verbind met drie moorde wat gedurende 2020 in Bulawayo plaasgevind het. Slagoffers van die moorde, wat op straat geslaap het, se skedels is vermoedelik met ‘n baksteen oopgebreek.
Die vermeende reeksmoordenaar het glo Harare toe gevlug waar hy sy gru-moordtog voortgesit het. Hy word ook deur ‘n aanklag van poging tot moord en gewapende roof, waarvan ‘n lasbrief vir sy inhegtenisname saam met die moorde uitgereik is, in die gesig gestaar.
Daar word ondersoek of hy die misdade op sy eie gepleeg het.
Bron: Zimbabwe Herald
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



