Mari Human het ingeskryf vir die Mej. Veltieland-skoonheidskompetisie omdat sy haar selfvertroue wil opbou en ander inspireer.
Lees meer oor mej. Veltieland hier: Mej. Veltieland 2023: Vier elegansie
“Ek was nog altyd baie skaam en teruggetrokke. Daarom wou ek myself daar buite sit. Ek beplan om ‘n goeie voorbeeld vir ander te stel en meer liefdadigheidsprojekte te begin. Ek wil dit in my vrye tyd doen om ander te inspireer en die omgewing te help.”
Mari voel selfvertroue gaan daaroor hoe gemaklik jy in jou eie vel is. “Jy moenie omgee wat ander mense van jou dink nie. Een van die maniere hoe ek aan my selfvertroue werk is deur deel te neem aan mej. Veltieland. Ek wil myself in situasies waar ek voor mense moet verskyn.”
Sy sien baie uit na die galaand, veral die geskarrel en lag saam met die ander deelnemers agter die verhoog.
“Ek dink baie tieners is selfbewus en gee te veel om oor wat die mode is en wat ander mense van hulle dink, asook op sosiale media doen.”
Baie sterkte, Mari!
Ontmoet die finaliste:
Mej. Veltieland: ontmoet Lizelle Human
Mej. Veltieland: ontmoet Karlien Rossouw
Mej. Veltieland: ontmoet Marie Alberts
Mej. Veltieland: Ontmoet Dané Naudé



