KIMBERLEY, NOORD-KAAP. – Andiswa Bayi (21) het Maandag 11 September 2023 in die hof verskyn vir die “steel” van ‘n pasgebore babadogter op 6 September omstreeks 17:00 uit ‘n hospitaal se kraameenheid.
Lt.kol. Sergio Kock sê die ontvoeringsaak is vir formele borgaansoek tot 19 September uitgestel, terwyl Bayi in aanhouding bly.
Bayi is na bewering na ‘n wenk in ‘n huis in Groenpunt in hegtenis geneem waar die baba en die baba se klere in haar besit gevind is.
Die baba is met haar ouers herenig.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



