Inwoners van gekaapte geboue keer City Power om krag af te sny

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: City Power gaan kragtoevoer na gekaapte geboue in Johannesburg afsny

JOHANNESBURG. – City Power se pogings om die kragtoevoer van gekaapte geboue in die middestad af te sny, is opgeskort na inwoners hulle by twee van die geboue gedreig het en hulle daarvan weerhou het om hulle werk te doen.

Owerhede kon die krag by een van die vier geboue wat hulle wou besoek, afsny, maar moes ophou toe inwoners die werkers begin dreig het. Die polisie het die situasie geassesseer en bevind daar is te min beamptes om veilig met die operasie aan te gaan.

Stad Johannesburg word meer as R10 biljoen vir elektrisiteit geskuld. Die gesamentlike skuld van die vier geboue wat hulle gister besoek het, beloop meer as R20 miljoen.

City Power se hoof- uitvoerende beampte het gesê hulle sal na die geboue met die polisie terugkeer om die skare te beheer.

Daar is minstens 57 gekaapte geboue in Johannesburg, waarvan die meeste deur die staat besit word.

Bronne: IOL, SABC, The Africa

Lees ook: City Power gaan kragtoevoer na gekaapte geboue in Johannesburg afsny