City Power gaan kragtoevoer na gekaapte geboue in Johannesburg afsny

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: SA Toerisme gekritiseer oor R33 m. vir 5 min. advertensie met Trevor Noah

JOHANNESBURG. – City Power het aangekondig hulle gaan vandag die kragtoevoer na verskeie gekaapte geboue in die middestad afsny.

Daar is minstens 57 gekaapte geboue in Johannesburg se middestad. Meeste van die geboue word na bewering deur die staat besit.  

City Power se woordvoerder het gesê hulle gaan die elektrisiteitstoevoer afsny, want dit is diefstal en sal as onwettige elektrisiteitsverbindings behandel word.

Die besluit volg na die brand in die Usindiso-gebou waartydens 75 mense oorlede is. Die gebou is deur die staat besit en is in 2019 gekaap. Daar was minstens 200 families woonagtig in die gebou, insluitend vrouens en kinders wat voorheen mishandel is, asook ongedokumenteerde buitelanders. Sommige van die mense in die gebou het gesê hulle het R1 500 per maand huur betaal. Die oorsaak van die brand is sover nog onbekend.

Bronne: IOL, News365, The Pink Brain

Lees ook: SA Toerisme gekritiseer oor R33 m. vir 5 min. advertensie met Trevor Noah