Lees ook: Luis Rubiales bedank oor ongevraagde soen
BARCELONA. – Luis Rubiales, die voormalige Spaanse sokkerhoof, moet Vrydag in die hof verskyn in verband met die ondersoek oor sy impulsiewe soen vir Jenni Hermoso.
Rubiales is beveel om in die hof te verskyn om te reageer op die aanklagtes van seksuele aanranding. Spaanse aanklaers en Hermoso het hom van seksuele aanranding aangekla na hy haar sonder toestemming op die mond gesoen het na die wêreldbekertoernooi vir vroue.
Rubiales kan beboet word of tot vier jaar tronkstraf opgelê word indien hy skuldig bevind word.
Hy het Sondag as die hoof van die Spaanse sokkerfederasie bedank, maar hou vol die soen was nie ongevraagd nie en dat hy toestemming gehad het.
Bronne: IOL, SuperSport, BBC



