Luis Rubiales bedank oor ongevraagde soen

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Jenni Hermoso lê kriminele klag teen Luis Rubiales oor soen

BARCELONA, SPANJE. – Luis Rubiales, die Spaanse sokkerhoof, het sy bedanking aangekondig na kriminele klagtes van seksuele aanranding teen hom gelê is na hy Jenni Hermoso glo sonder haar toestemming gesoen het.

’n Spaanse aanklaer het verlede week klagtes van seksuele aanranding en dwang teen Rubiales gelê na hy Jenni Hermoso na die vrouewêreldbeker op die mond gesoen het. Hermoso het ook verlede week ’n kriminele klag teen hom gelê. Rubiales dring steeds aan die soen was met toestemming en dat die “waarheid” sal uitkom. Hy bedank egter omdat sy posisie “ondraaglik” geword het.

Bronne: Daily Maverick, IOL, The Guardian

Lees ook: Jenni Hermoso lê kriminele klag teen Luis Rubiales oor soen