Lees ook: Luis Rubiales stuur beeldmateriaal aan Fifa waar Jenni Hermoso lag oor soen
BARCELONA, SPANJE. – Die Spaanse sokkerspeler Jenni Hermoso het ’n kriminele klag teen Luis Rubiales gelê oor die veelbesproke soen by die vrouewêreldbeker-eindstryd vir vroue.
Aanklaers het verlede week ’n voorlopige ondersoek begin om vas te stel of Rubiales van “seksuele aanranding” oor die ongevraagde soen aangekla kan word. Hermoso se kriminele klag het die kans verhoog dat die hof met die saak sal voortgaan en Rubiales van “seksuele aanranding” aankla. Die klagte teen Rubiales gaan “so gou as moontlik” formeel voorgelê word.
As Rubiales verhoor word en skuldig bevind word, kan hy ’n boete of vier jaar tronkstraf opgelê word.
Rubiales hou nog steeds vol Hermoso het hom toestemming gegee om haar te soen.
Bronne: First Post, IOL, Sky Sports
Lees ook: Luis Rubiales stuur beeldmateriaal aan Fifa waar Jenni Hermoso lag oor soen



