Lees ook: Senzo Meyiwa-saak tot môre uitgestel
PRETORIA. – Die Senzo Meyiwa-moordsaak sal vandag na verwagting voortgaan na dit gister uitgestel is.
Die saak is uitgestel omdat die verdediging laat van ’n nuwe getuie uitgevind het en nie kans gehad het om die getuie se verklaring met die beskuldigdes deur te gaan nie. Die verdediging het die verklaring minder as 24 uur voor die getuie sou geroep word, ontvang.
Die regter het ingestem tot die uitstel omdat dit inbreuk sou maak op die beskuldigdes se konstitusionele regte as die saak gister sou aangaan.
Meyiwa is in 2014 doodgeskiet in ’n beweerde rooftog by sy meisie, Kelly Khumalo, se huis in Vosloorus.
Bronne: EWN, IOL, The Citizen
Lees ook: Senzo Meyiwa-saak tot môre uitgestel



