KIMBERLEY, NOORD-KAAP. – Polisielede van verskeie eenhede het Woensdag 6 September 2023 tydens ‘n Shanela-operasie Mandrax-tablette, dagga en tik, sowel as kontant, onderskep en vier vermeende oortreders vasgetrek.
Sers. Dikeledi Gopane sê daar is op drie huise in die Samaria- informele nedersetting gefokus na ‘n wenk ontvang is. Die lede het op Mandrax-tablette, dagga, tik sowel as kontant beslag gelê.
Vier verdagtes – drie mans en ‘n vrou – onderskeidelik 39, 21, 49, en 56 jaar oud, is vir die besit van dwelms in hegtenis geneem en aangehou.
In ‘n onverwante voorval is nog ‘n vrou (32) in Loratongpark vir die besit van dagga in hegtenis geneem en aangekla.
Die vyf verdagtes sal binnekort in die Kimberley-landdroshof verskyn.
Bron: SAPD
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



