Lees ook: Senzo Meyiwa-moordsaak hervat na uitstel
MITCHELLSPLEIN. – Die beweerde TikTok-boelie Anushka Braaf (23) het gister in die Mitchells Plein-landdroshof verskyn waar nog ’n aanklag van aanranding teen haar aangebring is.
Braaf is op 28 Augustus in hegtenis geneem na ’n video van haar wat glo vir Mishqah Arend in ‘n motor aanrand op TikTok versprei het. Sy is aangekla van aanranding en crimen injuria.
Braaf is daarvan verskoon om die hofsaak by te woon tot die staat haar getuienis nodig het.
In die video beskuldig sy Arend daarvan dat sy oor haar skinder terwyl sy haar vloek en toe begin slaan.
Braaf het na die video versprei het op TikTok om verskoning gevra en gesê sy het vir drie dae na die aanranding nie geëet nie, maar sosialemediagebruikers wil geregtigheid hê.
Die saak is tot 13 Oktober uitgestel.
Bronne: IOL, The Africa, Cape Town ETC, VN Explorer
Lees ook: Senzo Meyiwa-moordsaak hervat na uitstel



