Lees ook: 7de Laan-aanhangers en akteurs briesend na produksie opgeskort word
Die produksie van die gewilde sepie, 7de Laan, wat vroeër die week opgeskort is, sal vandag weer hervat word.
Danie Odendaal Productions het vroeër die week die personeel in ’n WhatsApp-boodskap meegedeel produksie is weens te min geld opgeskort. Danie Odendaal Productions het daarna nog ’n verklaring uitgereik wat sê die SABC het genoeg betaal om produksie te hervat, selfs al was dit nie die volle uitstaande bedrag nie.
7de Laan se laaste seisoen sal in Desember uitgesaai word na dit in Julie aangekondig is die sepie is gekanselleer. ’n Petisie om 7de Laan te red, het sover byna 33 000 handtekeninge getrek.
Bronne: IOL, Briefly, Jacaranda FM
Lees ook: 7de Laan-aanhangers en akteurs briesend na produksie opgeskort word