Lees ook: Duisende teken petisie om 7de Laan te red
Die produksie van die bekende sepie, 7de Laan is opgeskort weens min geld.
Die akteurs het glo Sondag ‘n boodskap op WhatsApp van die Danie Odendaal-produksiemaatskappy ontvang wat gesê het hulle hoef nie op stel te wees tot verdere kennisgewing nie.
Denver Vraagom, die akteur wat die rol van Sheldon in die sepie gespeel het, het die brief en sy frustrasie op sosiale media gedeel deur te sê: “En daar het jy dit! Via WhatsApp op ‘n Sondagoggend. Tyd vir my en Ingrid Paulus om aan te beweeg! Die disrespek! Die manier wat dit gedoen is! Ag wat.”
Aanhangers het hulle woede uitgespreek oor die besluit:
Charmaine Scholtz het gesê: “Sies dis so nie reg nie. Waar gaan al daardie briljante akteurs nou werk kry.? Ek is jammer vir hulle.”
Bolla van Niekerk het gesê: “Aggeeeeeeee neeeeeeeeeee”
Magda Malan het gesê:” Soveel mense word geraak. Mag daar vir elke akteur en werker deure oopgaan, mag julle harde werk en talente verder raakgesien word.”
‘n Petisie is vroeër die jaar begin toe dit aanvanklik aangekondig is dat 7de Laan se laaste seisoen in Desember sal wees en die sepie nie daarna sal voortgaan nie.
Bronne: IOL, The Africa, Facebook, Cape Talk



