Lees ook: 7de Laan eindig na 23 jaar
‘n Petisie om die sepie 7de Laan te red, het al minstens 8 000 handtekeninge gekry.
Die SABC het verlede week aangekondig dat die sepie, wat in April 2000 die eerste keer op televisie verskyn het, na 23 jaar gekanselleer is. Die laaste episode sal op 26 Desember 2023 op die kassie wees.
In die petisie word gepraat oor hoe 120 mense werkloos gaan wees en dat die sepie belangrik is vir Afrikaners.
Bronne: IOL, News24, Change.org, HeadTopics
Lees ook: 7de Laan eindig na 23 jaar