Polisie in Limpopo waarsku rylopers

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Neef in hegtenis vir moord meisie (5)

Die polisie in Limpopo het ‘n waarskuwing aan rylopers uitgereik na ‘n voorval gister naby die Xukukwami Village.

‘n Man (28) het glo geryloop toe ‘n silwer Datsun-voertuig met drie insittendes stilhou en hom en nog iemand oplaai. Die drywer het gesê hy moet stilhou vir hout by bosse daar naby, waarna almal die ryloper met ‘n mes en vuurwapens gedreig het vir geld.

Die drie verdagtes het sy foon en geld gesteel. Hulle het ook geld uit sy bankrekening probeer trek, maar hy het niks in sy rekening gehad nie. Hy is uit die voertuig gegooi en hulle het weggejaag.

Die verdagtes is nog soek. Die polisie ondersoek ‘n saak van gewapende roof.

Bronne: SAPS

Lees ook: Neef in hegtenis vir moord meisie (5)