Vermiste man van Roodepan word gesoek

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Polisie is op soek na vermiste meisie (14)

‘n Man (51) wat sedert 30 Maart 2023 vermis is, word deur die Roodepan-polisie gesoek.

Richard “Majaivana” Oranotse Mokale, wat in Boba-plaas se informele nedersetting in Leratopark in Roodepan woon, is laas op 30 Maart deur sy suster gesien. Hy was op pad na ‘n snoepwinkel om koekies te koop.

Die polisie vra enigiemand met inligting moet speurder AO Christo Vermeulen skakel by 083 500 7731 of Crime Stop by 08600 10111.

Bronne: SAPS

Lees ook: Polisie is op soek na vermiste meisie (14)