Lees ook: Neef in hegtenis vir moord meisie (5)
‘n Beweerde kaper is gister in Kwazakele in hegtenis geneem en die gekaapte voertuig en ‘n verbode vuurwapen is gevind.
Die polisie het inligting oor ‘n gekaapte rooi Toyota Tazz op die M17 ontvang. Die polisie het die voertuig met drie insittendes gevind. Hulle en die privaat opsporingsmaatskappy het die voertuig probeer keer toe die Tazz in die opsporingsmaatskappy se voertuig vasgery het.
Twee verdagtes het gevlug terwyl hulle glo skote afgevuur het en die derde verdagte, wat bestuur het, is in hegtenis geneem toe hy probeer vlug het.
‘n 9mm-sterpistool en twee rondtes ammunisie is in sy besit gevind. Hy word aangekla op verskeie aanklagtes, insluitend, kaping, poging tot moord en roekelose bestuur.
Hy sal die week in die New Brighton-landdroshof verskyn.
Bronne: SAPS
Lees ook: Neef in hegtenis vir moord meisie (5)



