Neef in hegtenis vir moord op meisie (5)

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Verdagtes in hegtenis vir moord

‘n Meisie (5) is glo gister in Bushbuckridge deur haar neef (27) vermoor.

Volgens die polisieverslag het hulle inligting ontvang dat die liggaam van ‘n kind in die bosse gevind is. Haar keel was afgesny en sy het verskeie steekwonde aan haar bolyf gehad.

Die meisie het haar huis verlaat saam met haar neef om na ‘die nabye ‘n snoepwinkel daar naby te gaan. Die neef het sonder haar teruggekeer en het gesê sy het met ander kinders gaan speel.

Die familie was bekommerd en het haar gaan soek en haar liggaam gekry. Die neef is dieselfde dag in hegtenis geneem en van moord aangekla. Hy sal binnekort in die Bushbuckridge-landdroshof verskyn. Die polisie-ondersoek is steeds aan die gang. Dit is in dié stadium nie bekend of die meisie ook verkrag is nie.

Bronne: SAPS

Lees ook: Verdagtes in hegtenis vir moord