Die EFF vier hierdie jaar hul tiende bestaansjaar nadat die party op 26 Julie 2013 tot stand gekom het.
Volgens Julius Malema, leier van die EFF, het die Marikana-slagting van 2012 tot die geboorte van die party gelei.
“Marikana is die EFF se permanente tuiste, wat gekenmerk word deur simboliek en aspirasies.”
Malema het in ‘n artikel geskryf dat mag gedurende die slagting misbruik is, en dat kapitalisme en wins “swaarder weeg as mense se lewens, veral dié van swart mense.”
Volgens Malema het die EFF ontstaan uit hierdie idee dat mense se lewens belangriker as geld geag moet word.
“Ons doelwit as politieke party is duidelik in die party se naam. Ons doelwit is om te leef in ‘n wêreld wat ekonomies vry is.”
Malema sê die party is amptelik in Oktober 2013 op Marikana bekendgestel. Sy eerste nasionale konferensie was op 26 Julie 2013 en meer as 25 000 mense het die bekendstelling in Oktober 2013 bygewoon.”



