Johannes Samuel, jongste seun van die sangeres, Karlien van Jaarsveld, het Dinsdagaand vir haar ‘n briefie met prentjies gegee toe sy van die werk by die huis kom.
Van Jaarsveld was by ‘n opname van Die Kontrak 3.
Van Jaarsveld vertel Johannes Samuel moes al eintlik geslaap het toe sy 22:15 by die huis aangekom het, maar hy wou eers die briefie, met die tuin en die maan wat hy geteken het, vir haar gee.
Hy het ook heel verbaas gevra hoekom lyk haar hare “so”.
Kry jy ook briefies van jou kinders? Wat beteken dit vir jou?
Kyk die video hier:



