Polisie is op soek na vermiste meisie (14)

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Polisie ondersoek skietery

Die polisie se eenheid vir familiegeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe het gevra vir hulp om ‘n vermiste meisie (14) op te spoor.

Amanda Brita Kasiyamungi het op 20 Julie 2023 haar huis in Barrystraat, Sidwell in die Oos-Kaap, geklee in haar skooluniform, verlaat en het nooit teruggegaan huis toe nie.

Sy is op 21 Julie as vermis aangemeld toe haar familie en vriende haar nie kon kry nie. Dit is onbekend of sy ander klere by haar gehad het toe sy verdwyn het. Sy is laas in Kwadesi, Joe Slovo gesien.

Enigiemand met inligting word aangemoedig om speur-sers. Diane Goliath by 071 475 1750 of Crime Stop by 08600 10111 te skakel.

Bronne: SAPS

Lees ook: Polisie ondersoek skietery