Polisie ondersoek skietery

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Moordenaars van swanger vrou gevonnis

Drie mans is dood en twee beseer in ‘n skietery wat gisteraand in Qonce (King William’s Town) plaasgevind het. Die polisie ondersoek die voorval.

Die vyf slagoffers was op die sypaadjie in Victoriastraat naby ‘n karwasonderneming toe twee onbekende mans hulle genader en op hulle begin skiet het. Drie mans is op die toneel dood en twee is beseer en na die naaste hospitaal geneem vir behandeling.

Die rede vir die skietery is onbekend en nog niemand is in hegtenis geneem nie.

Die polisie vra dat persone met inligting oor die voorval met hulle in verbinding moet kom.

Bronne: SAPS

Lees ook: Moordenaars van swanger vrou gevonnis