Altesaam 7 457 pasiënte in Gauteng kry verlede jaar infeksies in hospitale

Deel hierdie storie / Share this story

Verlede jaar het ‘n totaal van 7 457 pasiënte infeksies in Gauteng se openbare hospitale opgedoen.

Die DA sê die meeste van hierdie infeksies kan aan swak voorsorgmaatreëls teen infeksie toegeskryf word.

Nomantu NKomo-Ralehoko, die Gautengse LUR vir gesondheid en welstand, het die getalle wat deur Jack Bloom, DA-woordvoerder vir gesondheid in die Gautengse Wetgewer gevra is, geantwoord.

Nosokomiale of hospitaalinfeksies word dikwels deur organismes wat weerstand teen antibiotika bied, veroorsaak.

Rekords word weekliks en maandeliks bygehou, maar gedurende 2020 en 2021 was daar as gevolg van die Covid-19 pandemie geen data ingesamel nie.

Aantal infeksies vir 2022 is soos volg:

• Chis Hani Baragwanath-hospitaal – 1 542

• Steve Biko- akademiese hospitaal -1 365

• Charlotte Maxeke-hospitaal – 1 157

• Helen Joseph-hospitaal – 613

• Kalafong-hospitaal – 337

• George Mukhari-hospitaal – 312

• Tembisa-hospitaal – 238

Die mees algemene infeksies is urienweginfeksies, wondinfeksies, gastro-enteritis, meningitis, septisemie en longontsteking.

‘n Groot hoeveelheid van die infeksies wat bestand is teen antibiotika kan die dikderm aansteek en kan dodelik wees. Die ander gevalle wat kommerwekkend is, is die van Klebsiella-longontsteking wat voorheen vir die dood van babas verantwoordelik was.

Hierdie infeksies wat weerstandig is teen antibiotika neem langer om te behandel wat tyd in die hospitaal verleng en dood tot gevolg kan hê.

Sedert 2014, met infeksiegetalle van 975, het die getalle skerp gestyg.

Lees die volledige verklaring deur op die onderstaande skakel te volg:

https://dagauteng.org.za/2023/07/7457-patients-infected-in-gauteng-hospitals?fbclid=IwAR1DSCv0fTdktmihQW0sglcwmgzJknlVft4FALjycbDIrj0gdUtEclv_ieo

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel