Bure van YouTuber sê hulle was bekommerd polisie gaan liggame in huis kry

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: YouTuber aangekla van kindermishandeling

UTAH, VSA. – Die bure van die YouTuber Ruby Franke het onlangs gesê hulle was nie verbaas die polisie was by haar huis nie. Hulle was net bly die polisie het nie liggame gekry nie, maar lewendige kinders.

Ruby Franke (41) is verlede week in hegtenis geneem op ses aanklagtes van kindermishandeling na haar seun (12) kon ontsnap en hardloop om hulp te gaan soek.

Die seun was wangevoed en het tekens getoon dat hy vasgebind was. Hy het diep snye gehad van hoe hy hom losgewikkel het. Sy sussie (10) is ook wangevoed en met dieselfde tipe snye gevind.

Franke het bekendheid verwerf vir haar 8 Passengers YouTube-familiekanaal. Sy het met Jodi Hildebrandt, wat ook in hegtenis geneem is vir kindermishandeling, saamgewerk.

Franke se bure het gesê sy het haar kinders gestraf deur kos van hulle te weerhou. Hulle het ook gesê sy het die kinders vir weke aaneen alleen by die huis gelos.

Bronne: The Independent, NCR News, Rolling Stone

Lees ook: YouTuber aangekla van kindermishandeling