YouTuber aangekla van kindermishandeling

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Nadoodse ondersoek toon iemand langer as Senzo Meyiwa het hom geskiet

UTAH, VSA. – ’n “Mommy” YouTuber is in hegtenis geneem vir kindermishandeling na haar seun (12) by ’n venster uitgeklim het en gehardloop het om hulp te kry.

Ruby Franke, die vrou van die YouTube-kanaal “8 Passengers” is Woensdagaand in hegtenis geneem saam met haar besigheidsvennoot Jodi Hildebrandt.

Ruby Franke se seun het by die venster van Hildebrandt se huis uit ontsnap met pypband (duct tape) om sy bene en arms en het die bure vir kos en water gevra. Die bure het die polisie gebel en die seun is na die hospitaal geneem waar hy vir wanvoeding en sy wonde behandel is. Sy suster (10) is ook later gekry en na die hospitaal vir wanvoeding geneem.

Die ander twee kinders is in beskermde toesig.

Albei vrouens is borg geweier.

Bronne: CBS News, Forbes, The Washington Post

Lees ook: Nadoodse ondersoek toon iemand langer as Senzo Meyiwa het hom geskiet