Lees ook: Donald Trump se verhoordatum vir verkiesingsaak in Maart 2024
GEORGIA, VSA. – ’n Regter het beslis Donald Trump se verhoor in Georgia sal op die internet en televisie uitgesaai word.
Regter Scott McAfee het gesê die verhoor sal op die Fulton-hof se YouTube-kanaal beskikbaar wees. ‘n Datum vir die verhoor is nog nie bekend nie, maar dit kan moontlik volgende jaar wees.
Trump en 18 medebeskuldigdes word aangekla van ’n sameswering om die verkiesingsuitslae van 2020 in Georgia tot niet te laat verklaar. Trump is ook betrokke in drie ander kriminele sake.
Bronne: BBC, New York Post, Rolling Stone
Lees ook: Donald Trump se verhoordatum vir verkiesingsaak in Maart 2024



