Vermiste kajakker se liggaam gevind

Deel hierdie storie / Share this story

KNYSNA, WES-KAAP. – ‘n Man in sy 20’s het Woensdag 30 Augustus 2023 omstreeks 15:20 tydens springgety vermis geraak toe sy kajak by Ashmead-kanaal by die Knysna-strandmeer ongeveer 200 tot 300 meter van die land af omgeslaan het.

Jerome Simonis, NSRI-bevelvoerder in Knysna, sê die soektog deur verskeie rolspelers en vrywilligers het voortgeduur totdat die liggaam van die man Donderdag 31 Augustus deur polisieduikers gevind is.

Simonis sê die soektog is nie Woensdag opgeskort soos wat berig is nie en het met tussenposes voortgeduur.

‘n Weldoener wat die water in is om die kajakker te help, is self Woensdag deur NSRI-swemmers gered en behandel. Hy is daarna in ‘n ernstige maar stabiele toestand na ‘n hospitaal geneem waar hy aansterk.

Die NSRI het medelye teenoor die naasbestaandes van die oorledene uitgespreek.

Bron: NSRI

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel