PRETORIA, GAUTENG. – Twee verdagtes wat glo volgens ‘n ooggetuie oor die heining om die Paul Kruger-standbeeld op Kerkplein gespring en een van die friespanele probeer steel het, het hulle in die polisie vasgeloop.
De Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) sê die twee is op heter daad deur die polisie betrap en in hegtenis geneem. Die polisie van Pretoria-Sentraal het bevestig die friespaneel is in ‘n kluis geplaas vir veilige bewaring.
Lede van die FAK het opgemerk die friespaneel is van die standbeeld se voetstuk vermis en het ondersoek ingestel.
Die Tshwane-metroraad het die FAK versoek om met die herstel te help deur die paneel terug te plaas, maar daar is nog nie ‘n datum daarvoor vasgestel nie.
Barry Müller, FAK-kultuurorganiseerder sê: “Die feit dat die Tshwane-metroraad ons genader het om die restourasieprojek aan te pak, wys weereens die geloofwaardigheid van ons trotse organisasie. Ons is dankbaar dat die polisie spoedig kon optree en dié kosbare erfenisskat kon red wat waarskynlik vernietig sou word en as skrootmetaal verkoop sou word.”
James Boale, wat ‘n erfenisspesialis van die Tshwane-metroraad is, het ook sy dankbaarheid oor die inhegtenisneming uitgespeek en gaan Maandag die polisie met ‘n amptelike brief spreek sodat die friespaneel aan hulle oorhandig kan word.
“Die FAK staan die verwoesting, diefstal en vandalisme van erfenis sterk teë. Die stand van erfenis in Suid-Afrika as geheel is ’n enorme krisis, maar die vinnige optrede van die polisie in dié geval skep ְ’n tikkie hoop.”
Bron: FAK
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel