Twee sterf, paramedikus kritiek toe vragmotor deur ongelukstoneel ploeg

Deel hierdie storie / Share this story

PIETERMARITZBURG, KZN. – ‘n Verkeersbeampte en ‘n insleepdiens operateur het gesterf en ‘n paramedikus is kritiek beseer toe ‘n vragmotor Vrydagaand 1 September 2023 op die N3 rigting suid naby Liberty Mall in ‘n sekondêre ongeluk deur ‘n ongelukstoneel geploeg het.

Garrith Jamieson, woordvoerder vir ALS Paramedics, sê hul paramedici was op ‘n ongelukstoneel waar ‘n vragmotor gerol en op sy kant tot stilstand gekom het.

‘n Verkeersbeampte van Road Traffic Inspectorate (RTI) het die toneel afkordon en voertuie strategies geplaas om as waarskuwing van die ongelukstoneel vir ander motoriste te dien.

Paramedici was besig om die bestuurder, wat geringe beserings opgedoen het, te behandel toe ‘n vragmotor in die ongelukstoneel injaag en personeel tref.

Die verkeersbeampte en die insleepdiensoperateur het op die toneel gesterf terwyl ‘n ALS-paramedikus kritiek beseer is en na ‘n hospitaal vervoer is, waar hy ‘n noodoperasie ondergaan het.

“We would like to send our condolences to the Family, Friends and colleagues of the Police Officer and
Tow Truck Operator. We wish our staff member a speedy recovery.”

Bron: ALS Paramedics

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel