WELLINGTON, WES-KAAP. – ‘n Kaapse kobra is Donderdagoggend 31 Augustus omstreeks 06:00 uit ‘n kind se kamer by Malanstasie gehaal.
Eduane Niemand, wat die slang verwyder het, sê die groot geelslang moes reeds ‘n paar dae in die kind se kamer gewees het.
Hy vertel hy het net uit die stort geklim toe hy ‘n oproep van ‘n bekommerde ouer ontvang: “Asseblief Meneer, kom help ons, toe ons wakker word vanmôre sien my kind daar lê n slang in haar kamer in n gleuf.”
Niemand sê hulle moes noodgedwonge ‘n muur uitbreek en bourommel onder die vloer uithaal om by die slang te kon uitkom.
“Wel, ek is baie trots op die gesin wat so dapper was om 3 nagte met n slang in die huis te slaap en alles reg hanteer het deur stil te bly, honde en kids te bêre en slang se kind vir my mooi staan en dophou het.”
Hy sê die huisbewoners was bly omdat hulle weer gerus sou kon slaap.
Hy het vir FiND iT foto’s van die onwelkome gas in die kind se kamer gestuur.
Bron: Boland Snake Removals 24/7 and Pest Control
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



