Binnelandse sake-minister bevestig inhegtenisneming van meer as 100 mense

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Fase 5-beurtkrag ingestel tot verdere kennisgewing

GERMISTON. – ‘n Ethiopiër is deur die immigrasie-owerhede van binnelandse sake en polisie in hegtenis geneem na dit bevind is hy het meer as 100 ongedokumenteerde immigrante by ‘n huis in Primorise aangehou.

Die minister van binnelandse sake, dr. Aaron Motsoaledi, het bevestig meer as 100 ongedokumenteerde immigrante is in hegtenis geneem. Dit lyk na bewering of die mense deur ‘n mensehandelsindikaat na Suid-Afrika gebring is. Die meeste van die mense was Ethiopiërs en vier was Malawiërs.

Net vier van die immigrante het ‘n vorm van dokumentasie gehad. Die eienaar van die eiendom is ook in hegtenis geneem. Hy het gesê hy bestuur die huis wat bewoon is deur Ethiopiërs wat in spazawinkels werk en Malawiërs wat vir die huisbewoners gekook het.

Bronne: IOL, VN Explorer, The Citizen

Lees ook: Fase 5-beurtkrag ingestel tot verdere kennisgewing