Lees ook: Spaanse aanklaers begin voorlopige ondersoek na Luis Rubiales se ongevraagde soen
BARCELONA, SPANJE. – Luis Rubiales het beeldmateriaal wat op X gelek het aan Fifa gestuur waarin Jenni Hermoso en haar spanmaats lag oor die soen wat hy haar gegee het.
In die beeldmateriaal lag sy en haar spanmaats en maak grappe oor ‘n foto van die soen wat Rubiales haar gegee het. Toe Rubiales op die bus klim, het hulle gesing “Beso, Beso” wat “Soen, Soen” beteken in Spaans, waarop hy geantwoord het: “Hou op, julle laat my bloos!”
Hermoso het gesê die soen was sonder toestemming en dit het haar kwesbaar laat voel en laat voel asof sy aangerand is. Die Spaanse hof het haar gevra om ‘n saak van “seksuele aanranding” teen Rubiales te sekondeer.
¿Sabes, @Jennihermoso, que tenemos hasta tus videos y whatsapps de fiesta, porque una amiga se ha escandalizado de que destruyas la vida de un inocente?
— Alvise Pérez (@Alvise_Oficial) August 29, 2023
(De día y de noche)
¿Nos das un piquito a toda España, Jenni? pic.twitter.com/18zO4cIxK5
Bronne: Daily Mail, BBC, GOAL, Twitter
Lees ook: Spaanse aanklaers begin voorlopige ondersoek na Luis Rubiales se ongevraagde soen



