Lees ook: Nandipha Magudumana teen haar wil landuit geneem
BLOEMFONTEIN. – Nandipha Magudumana het gister beweer sy wou nooit die land verlaat nie, maar Thabo Bester het haar gedreig en gedwing om die land te verlaat.
Die staat het redes gegee waarom hulle nie haar storie oor haar “ontvoering” glo nie. Hulle het gesê sy was die een wat vanaf KwaZulu-Natal bestuur het na Bester se ontsnapping. Hulle het saamgebly en saam winkels toe gegaan.
Die staat voer ook aan hulle verskyn in dieselfde hof en is liefdevol teenoor mekaar. Verder word gesê Magudumana het vrylik in KwaZulu-Natal, Gauteng en die Wes-Kaap met Bester rondbeweeg sonder om ooit die polisie te bel.
Magudumana het ook glo R85 000 aan haar medebeskuldigdes betaal om seker te maak Bester ontsnap.
Die staat het gesê Magudumana sal waarskynlik vlug as sy op borg vrygelaat word. Haar borgaansoek gaan vandag voort.
Bronne: HeraldLIVE, SA People, Money Web



