Lees ook: Nandipha Magudumana vandag in die hof vir borgaansoek
BLOEMFONTEIN. – Nandipha Magudumana het in die hof gehuil en gesê Bester het haar teen haar wil uit die land geneem.
In haar beëdigde verklaring het sy gesê hy het haar gedwing om in ‘n kar te klim en gedreig toe sy vra waarheen hulle gaan. Sy het gesê sy het gedoen wat hy sê, want sy is gedreig. Sy het ook gesê sy wou nooit die land verlaat nie.
Magudumana het gesê sy kan R10 000 borg bekostig en dat sy nie van plan is om te vlug nie. Sy het gesê sy gaan die verhoor deursien en kan op borg vrygelaat word.
Bronne: eNCA, The Citizen, TimesLIVE, News24
Lees ook: Nandipha Magudumana vandag in die hof vir borgaansoek



